SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
EERSTE SÊ
NATANIËL SÊ
ons wêreld
JULLE SÊ • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT
Anlia ‘MA-WEES MY LEKKERSTE ROL NÓG’ • Die laaste paar jaar het sy al soveel hoogtepunte beleef. Rolle in plaaslike en oorsese TV-reekse, films, die hoenderveloomblik toe sy voor ’n skare van 50 000 die volkslied gesing het. Maar vir nou, aan die sy van haar Eben, fokus Anlia Etzebeth net op een rol – dié van ma-wees vir hul grapjas-dogtertjie
Gert-Johan Coetzee KOSTER-PLAASSEUN SE PAD NA BO • In die begin was daar skaars ’n handeklap, maar nou’s dié eertydse plaasseun van Koster bekend vir sy showstoppers. Van Londen tot LA, sy ontwerpe is op die inkopielys van bekendes. Maar Afrika bly sy inspirasie, so ook die nuutste tegnologie
HOP HOP Spinnekop, KAPTEIN KURT! • Vir lank was hy Kaptein! Nou herken veral kinders hom as Hop Hop Spinnekop – hoe dan anders as dié treffer meer as 22 miljoen keer op TikTok gekyk is. Maar ballades, byna soos ‘Hemel op Tafelberg’, is eintlik Kurt Darren se sielskos en dalk eendag wys hy ook dié kant van hom vir ons
’N ANDERSTE PASPOORT • Janco Scholtz beleef die wêreld fyn – deur sy kameralens en die klawers van ’n klavier. En so was dit ook toe dié jong Vrystater onlangs Europa verken het
Sáám vlieg ons • Die Wright-broers. John Lennon en Paul McCartney. Steve Jobs en Steve Wozniak. Wanneer mense met ’n gedeelde passie sáám skouer aan die wiel sit, kan hulle mekaar inspireer, aanmoedig om grense te verskuif en kreatiwiteit aanwakker. Drie pare vertel hoekom saamwerk hulle vlerke gee
Apprentice ’n oefenlopie vir Withuis? TRUMP SE SHOW • Is Donald Trump die maaksel van werklikheidstelevisie? Op die allerminste het sy tyd as heer en meester van The Apprentice sy reputasie blink gepoets. Daar is selfs dié wat reken dit het die weg help baan na sy Withuis-oorwinning in 2016 asook sy huidige presidensiële termyn. So, wat was eerste? ‘The Donald’ die groot ontwrigter, of TV?
TRENDS MET TREFKRAG • Elke seisoen bring die opwinding van ’n nuwe mode-hoofstuk. Winter 2025 is elegant en gesofistikeerd met ryk kleure soos wynrooi en sjokoladebruin, weelderige satyn en suède. Sien uit na landelike styl, die kraaglose baadjie, luukssportiewe uitrustings en altyd iets met ’n luiperdvelmotief
mode dinge
Wen ons voorblad, skryf nóú in! SARIE VOORBLADGESIG 2025 • Net twee weke oor – gaan na voorbladgesig.sarie.com
bederfprodukte Luuks
TRENDS WARM VIR WINTER ’25 • Die kwik daal, die dae word korter en ons maak gereed vir ’n warmer voorkoms met kersierooi lippe, mokka naels, glinsteroë en blinkgladde hare vol woema
SERUMS ’N SUPER-TREND LANGER Jonger • Die nuutste nuus, produkte en wenke om onnodige tekens van tyd te takel
Hare maklik, mooi – vir álmal • Met ’n goue olie uit Afrika en respek vir mens, dier en die planeet, het ’n Brasiliaanse maatskappy hulle gevestig as ’n voorloper in haarsorg wêreldwyd. En agter die sukses – oorsee en hier in SA – is twee vroue met passie en ’n houding van aanhouer wen
mooi dinge
SO ’N TERT! • Dis mos bederf op sy beste. ’n Snytjie tert saam met ’n koppie tee. Malva tot mousse, ons gee dit nuwe lewe met resepte wat jou hart sal steel. Dié vyf is nie sommer...